Partytjiekolwyntjies
vir seuntjies

Partytjiekolwyntjies vir Seuntjies

 

Kinderpartytjiekolwyntjies (2012) word nou herverpak in twee enkeltitels, Partytjiekolwyntjies vir seuntjies en Partytjiekolwyntjies vir dogtertjies. Die boekies bevat ’n volledige lys van die gewildste temas vir seuntjie- of dogtertjiepartytjies, maar die temas kan maklik vir volwasse partytjies ook gebruik word.

Die projekte is maklik genoeg vir beginners, maar sal ook uitdagings bied aan meer gevorderde bakkers. Alle basiese inligting en resepte word in elke klein boekie herhaal en die koper kry dus nou toegang tot ’n meer bekostigbare produk.

Só kan elke ma se kreatiewe kant ontgin word, want die boekies wys jou hoe die vaalste kolwyntjies in ’n paar maklike stappe in klein kunswerkies omskep kan word. Voor jy jou oë knip, sal die hele dorp kolwyntjies by jou bestel!

Boeke aanlyn beskikbaar by –