Prettige
Koekies
Prettige koekies
Indien jy ’n kinderpartytjie beplan en min tyd het of nie regtig kan koek bak nie, is die boek vir jou! Prettige koekies se reeks indrukwekkende kinderkoeke sal ma- en kinderharte verbly want dis nie net mooi nie, maar word uit winkelkoekies geskep. Dis reg! Al die pragskeppings word gebou met welbekende koekies wat in elke supermark of kafee beskikbaar is. Die projekte konsentreer op winkelkoekies wat op ’n drie-dimensionele manier gekombineer word met plastiekversiersel. Dit beteken dat mense sonder oondgeriewe nog steeds pragtige koeke kan optower. Elke projek bestaan uit gedetailleerde stappe wat deur fotomateriaal gerugsteun word. Prettige koekies is ’n kleurfees vir die oog en jou hande sal jeuk om jou kombuis in te vaar en te skep!
Boeke aanlyn beskikbaar by –