Bestellings
Vir al jou Koek, kolwyntjie suikerkuns versierings en benodighede

Bestel ‘n koek top vir ‘n spesiale geleentheid…kolwyntjie toppers vir n partytjie, of bespreek n demonstrasie klas vir jou en jou vriendinne om self te leer om suiker kuns skeppings te maak, aan die onderkant van die bladsy…
Demonstrasies
Demonstrasies word aangebied en karakters uit my boeke word gebruik om stap vir stap te demonstreer. Suikergulde klubs, fynproewer verenigings, vroue verenigings, skole en enige ander organisasies kan baat vind by die demonstrasies. Besprekings kan gemaak word en bestellings vir my boeke kan ook geplaas word.
Koekgereedskap toerusting
‘n Groot verskeidenheid toerusting is beskikbaar by demonstrasies, Aanlyn verkope en direkte verkope. (foto’s is beskikbaar op aanvraag)
Aanlyn verkope
Boeke is beskikbaar aanlyn en op die rak maar daar is nie altyd tyd om die karaktertjies te maak nie. Toppers vir kolwyntjies en koekborde kan aanlyn bestel word vir besige ouers wat graag die beste van elke geleendheid wil maak. Daar is te kies en te keur vir elke denkbare geleendheid. Kies die karakter, kies die tema en klik op die bestelling en wag vir die verrassing van jou lewe.
Bestelling/ Navrae/ Kwotasies


